Monday, October 27, 2008

Oupa & Ouma

Die tydjie raak nou kort en hulle moet amper terug gaan na die dorre Vrystaat. Geniet die paar foto's van hulle 2 saam met die Kaapse Kleinkinders.


Kyk net Inalise se pragtige baba boetie. Sy naam is Ernst. Hulle bly in Malmesbury en sy is baie lief vir haar boeta. Sy het nog 'n boetie in Windhoek JM wat sy maar min sien. Sy sĂȘ sy verlang vreeslik na hom. Maar sy dink dit is nou tyd vir nog 'n sussie!!! Hoor jy pa!


En kyk net, kleinboet sit al klaar vir haar ore aan. Skaars 2 minute terug by die huis en hy het haar aan die hare beet!
Bye!

2 comments:

Anonymous said...

Die klein kinners raak darm nou groot, en oupa se maag ook!!!

De Klerk Family said...

Hallo Belinda,

Ek was so bly toe ek jou blog hier raakloop en het sommer dadelik begin volg. (Hoop nie jy gee om nie?)

Dit is WONDERLIK om nuus en fotos van julle almal te sien. Laat my sommer vreeslik terug verlang na die dae toe jou ma-hulle nog by Tygerberg was. Ek mis hulle baie en hoop jy sal asb. vir hulle se groete en baie liefde van die 4 De Klerkies af hier uit die verre Kanada.

Jou seun en Inalise is pragtig en ek kan skaars glo hulle is al so groot. Sy is 'n regte dametjie en Werner het omtrent gerek sedert ons hom laas gesien het.

Ek het al eposse gestuur na die laaste epos adres wat ek van jou gehad het, maar geen antwoord gekry nie, toe maar aangeneem die adres het verander. Ons stuur gereeld eposse vir jou pa-hulle na sy yahoo adres toe, maar is ook nie seker of hy nog aktief is nie. Ons sal graag van julle almal wil hoor. (deklerkcanada@gmail.com)

Sterkte met die Stranddienste en julle werk onder die kinders. Ons bid saam met julle vir Ds. Enrique en sy gesin en ons harte huil saam met sy gemeente. Laat weet gerus as daar enige spesifieke gebeds versoeke is. Die Here sal ons almal dra, ek vertrou op Hom met my hele hart.

Groete vir al die familie en vriende,

Lizette, Jan, JD & Robin